top of page

Kinders Kaap toe met borgskap

Published in Weslander Community News.


Die Paternoster-projek het dié vakansie ’n bus vol kinders uit die gemeenskap na die Kirstenbosch Botaniese Tuin geneem vir ’n dag vol betowering.


Leerders van Paternoster omhels een van die groot ou bome in die Kirstenbosch Botaniese Tuin.
Leerders van Paternoster omhels een van die groot ou bome in die Kirstenbosch Botaniese Tuin.

Die uitstappie was Woensdag 20 Maart en is moontlik gemak deur 'n borgskap van prof. Arnold van Zyl, rektor van die Baden-Wurttemberg- Koöperatiewe Staatsuniversiteit in Duitsland.


Prof. Van Zyl wou graag die jong Weskussers met veral die bome van hiertoe wereldberoemde tuin laat kennis maak.


“Jy kon sien die kinders het die tuin met al hul sintuie ervaar,” sê Carolin Zobel, 'n Duitse vrywilliger by die Paternoster-projek.


“Hulle het die Braille-roete met hul vingers gevolg, aan medicinale plante geruim, na die voëlgeluide geluister en die stamme van groot, skurwe bome omhels. Elke aspek van die tuin is op die proef gestel,” vertel Zobel.


Die kleinspan het voetjie-vir-voetjie op die Boomslang tussen die boomtoppen deur geloop, op skewe boomstammen geklauter, teen die steil grasperke afgerol en die dag met 'n piekniek afgesluit.


Die vier lede van die Kirstenbosch-tak van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika, wat as vrywillige gidse opgetree het, was eenparing in hul lof vir die leerders se belangstelling en opmerksaamheid.


Niks - van piepklein kampioene langs die voetpad tot die beelde van dinosaurussen tussen prehistoriese plante - het hul aandag en kommentaat ontglip nie.


“Hier is Sommer 'n hele paar toekomstige plantkundiges,” het een gids ingenomen opgemerkt.


bottom of page